Rex is vermis, het jy hom dalk êrens in Kimberley gesien?

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Rex, ‘n swart hond en kruising tussen ‘n Rottweiler en ‘n Dobermann, het Saterdag 21 Augustus in Herlear weggeraak.

Rex, oorspronklik ‘n plaashond, het uit die erf geglip. Volgens sy eienaars het hy ‘n vriendelike geaardheid. Daar is ‘n moontlikheid dat iemand hom laas naby die Groot Gat in Greenstraat opgemerk het.

Indien jy dalk weet waar Rex is of hom êrens sien, skakel 083 708 3974.

LEES OOK: Liggaam in kattebak gevind na bure ‘iets ruik’

LEES OOK: Sasolburg – man en vrou wreed vermoor

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.