KIMBERLEY. – ‘n Ontbinde liggaam is in die kattebak van ‘n motor in Lethabo Park, Roodepan gevind nadat bure “iets geruik” het en agterdogtig geraak het.
“Die liggaam van die slagoffer is in die kattebak van ‘n Audi A5 gevind. Dit is deur bure ontdek wat gekla het oor ‘n vieslike reuk wat uit die motor gekom het. Die voertuig is oopgemaak en die ontbinde liggaam van ‘n volwasse man is in die kattebak gevind. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie,” het kapt. Bashoabile Kale gesê.
Volgens Kale is die oorledene deur sy vrou geïdentifiseer. Hy was glo vermis, maar ‘n saak is nooit by die polisie geopen nie.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting oor die voorval om sers. Gaboinewe by 082 460 0681 of 10111 te kontak.
LEES OOK: Sasolburg – man en vrou wreed vermoor
LEES OOK: Vuilste man in die wêreld het 65 jaar laas gebad
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



