NOORD-KAAP. – ‘n Pa (61) wat sy biologiese dogter verkrag het toe sy 15-jaar oud was, is vandag in die Galeshewe-landdroshof gevonnis.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigde het sy dogter op 12 Desember 1998 seksueel aangerand en verkrag by hul huis in Kagisho. Die slagoffer het 21 jaar later die stilte verbreek en die beskuldigde is op 3 Januarie 2020 in hegtenis geneem.
Pa vandag gevonnis
“Hy is skuldig bevind en vier jaar vir die seksuele aanranding en ‘n verdere 12 jaar gevangenisstraf vir die verkragting gevonnis.”
Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Galeshewe, lt.kol. Marli Strydom, het sers. Aretha Claasen lof toegeswaai vir haar ondersoek en vasberadenheid om die skuldige vas te trek en te laat vonnis.
LEES OOK: Sasolburg – man en vrou wreed vermoor
LEES OOK: Vuilste man in die wêreld het 65 jaar laas gebad
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



