KIMBERLEY. – Lede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Galeshewe het vandag ‘n 13-jarige seun in hegtenis geneem na die beweerde verkragting van ‘n 6-jarige meisie.
13-jarige in hegtenis, verskyn môre
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer en ‘n vriend het op 18 Julie 2021 omstreeks 17:30 naby die slagoffer se huis in Madibastraat, Galeshewe, gespeel. Die verdagte het hulle genader en wou hulle na bewering met geld omkoop.
Toe die kinders weier, het hy glo die slagoffer gegryp, na ‘n nabygeleë veld geneem en verkrag. Die 13-jarige seun sal ‘n assessering deur ‘n maatskaplike werker ondergaan. Hy sal môre in die landdroshof in Galeshewe verskyn. Die ondersoek duur voort.
LEES OOK: Sasolburg – man en vrou wreed vermoor
LEES OOK: Vuilste man in die wêreld het 65 jaar laas gebad
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



