Vrystaat-leeus gedwing om in haglike omstandighede te lewe

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – ‘n Inspeksie deur die NDBV op ‘n plaas buite die Vrystaat het die haglike omstandighede waarin hierdie leeus gedwing word om te lewe aan die lig gebring. In ‘n oorvol omgewing met parasiete, ontlasting en geen toegang tot water nie, is waar van hierdie leeus hulle bevind.

Volgens die NDBV se Facebook-blad het hulle saam met die departement van kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake in die Vrystaat op die leeus afgekom op die 3de Augustus 2021.

Tydens die inspeksie is talle oortredings ingevolge die Wet op Dierebeskerming nr. 71 van 1962 gevind. Hier volg ‘n lys van oortredings wat gevind is:

Vier leeus is gevind met verskillende fisiese en/of ander gesondheidstoestande waarvan geen veeartsenykundige behandeling en sorg vir die diere verkry is nie.

Tien leeus het geen toegang tot drinkwater gehad nie;

Sewentien leeus het toegang tot onhigiëniese drinkwater gehad;

Verskillende omheinings, waarbinne die leeus aangehou is, is in ‘n onhigiëniese toestand aangetref met ‘n ophoping van vars en verkalkte ontlasting, asook ontbindende voedsel en bene;

Verskeie diere het nie toegang tot skuiling gehad om hulle teen ongure weersomstandighede te beskerm nie;

Verskeie leeus is in oorbevolkte toestande gehou;

Talle leeus was besmet met eksterne parasiete;

Dertien leeukarkasse is in ‘n geslote vrieskashouer gevind. Die leeukarkasse is saam met die leeukosvoorraad gestoor; en

Die vrieskashouer is in ‘n onhigiëniese toestand gevind met bloed en ou, vrot vleis op die vloer

– NDBV-mediaverklaring.

‘n Totaal van 13 leeukarkasse is in ‘n vrieskas gevind. Die NDBV sê: “Weens die bestaande welsyn van diere by die leeuteelplaas, is die NDBV se kommer oor die leeukarkasse nie net gebaseer op hoe hierdie leeus aangehou is terwyl hulle gelewer het nie, maar ook oor hoe hulle dood is.”

Ingevolge die NDBV se lasbriefvoorwaardes is daar beslag gelê op sewe van die karkasse. Dié is gestuur vir volledige nadoodse ondersoeke.

Die Vrystaat leeus se haglike omstandighede waarin hulle moet lewe, is net nog bewys van die wrede bedryf van leeus in Suid-Afrika

Volgens IOL sê Fiona Miles, direkteur van Four Paws in Suid-Afrika: “Leeus word uitgebuit vir toerisme, trofeejag en handel van hul liggaamsdele. Ons doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om op te tree en dringend voort te gaan met die besluit om die bedryf uit te skakel.”

“Aangesien die saak nog ondersoek word, is ons versigtig met betrekking tot watter inligting aan die publiek en die media beskikbaar gestel word, aangesien dit ons saak kan beïnvloed. Ons sal later ‘n opdatering gee wanneer ons die inligting kan bekend maak sonder om die diere of ons saak in gevaar te stel,” sê Daniel Born, ook van Four Paws.

Lees ook: Leeus glo vir liggaamsdele doodgemaak