Maitland Hanley, ’n pa van Australië, wat onlangs ‘n baba saam met sy lewensmaat gehad het, het ‘n swanger maag nageboots deur ‘n waatlemoen met kleefplastiek aan sy maag vas te maak omdat hy wou uitvind hoe dit voel om swanger te wees. Asof dit nie erg genoeg is nie, het hy ook twee spanspekke teen sy bors vasgemaak om groter borste na te boots.
‘n Man sal nooit weet hoe dit vir ’n vrou voel om swanger te wees nie. Die moeiliker rondbeweeg, die gesukkel om jou skoenveters vas te maak en selfs om uit die bed uit op te staan.
16 miljoen mense kyk na “swanger” pa se video
In ’n video wat Hanley op TikTok gedeel het, probeer hy met sy “swanger maag” uit die bed uit opstaan. Na ’n lang gesukkel en mense wat op die agtergrond lag, swaai hy sy bene van die bed af, maar sit steeds heel ongemaklik.
Die video het mense laat skaterlag en meer as twee miljoen mense het al aangetoon hulle hou van die video.
LEES OOK: Vuilste man in die wêreld het 65 jaar laas gebad
LEES OOK: ‘Joost sou trots wees op sy sportseun,’ sê aanhangers na Amore op Instagram spog
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



