Gestremde vrou dink haar oorlede ma ‘slaap net’

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ’n Gestremde vrou (47) het vir ’n geruime tyd saam met die ontbindende liggaam van haar 68-jarige ma gebly omdat sy gedink het haar ma “slaap”.

Reaction Unit South Africa (RUSA) berig hulle het Maandag om omstreeks 18:08 ‘n oproep van die bure gekry. Reaksiebeamptes en dokters is na die woning ontbied. Met hulle aankoms het die gestremde dogter die beamptes na ‘n slaapkamer gelei. “Sy het volgehou haar ma slaap net in die kamer. Die bejaarde vrou is op haar bed, gedeeltelik bedek met ‘n kombers, gevind. Haar liggaam was in ‘n gevorderde stadium van ontbinding,” lui die verklaring van RUSA.

Gestremde vrou help ma wat ineenstort

Daar word beweer die vrou het die Vrydagmiddag ineengestort en is met behulp van haar dogter na haar kamer geneem waar sy gaan lê het.

‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood vas te stel.

LEES OOK: Jacob Zuma-stigting vra donasies om regskostes te dek

LEES OOK: ‘Ons soek antwoorde’ sê rolspelers wat Maandag met Bheki Cele vergader

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.