VF Plus hoop ontbloting van bedrog sal lei tot beter gesondheidsdienste

Deel hierdie storie / Share this story

Die VF Plus verwelkom die optrede van die Valke wat senior amptenare in die Noord-Kaapse departement van gesondheid vasgetrek het.

Dr. Dion Garvey Theys (54) en Mosimanagape Daniel Gaborone (52), waarnemende hoof en finansiële hoof van die departement van gesondheid in die Noord -Kaap, is gister in Kimberley op aanklagte van bedrog en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur in hegtenis geneem.

“Dié departement is jare reeds berug vir korrupsie en wanbestuur, op die oog af sonder gevolge vir diegene wat dit pleeg. Opeenvolgende LUR’e kon sake eenvoudig nie in bedwang bring nie. Nogtans is die ondersoek lank aan die gang en die inhegtenisnemings dui daarop dat skuldiges wel aan die pen kan ry,” sê Danie Coetzee, VF Plus-LPW van die Noord-Kaap.

“Dit is eenvoudig onaanvaarbaar dat die departement wat die mees kwesbare lede van die samelewing moet bystaan, onder voortdurende korrupsie moet ly.”