Man in hof oor student se liggaam in tas

Deel hierdie storie / Share this story

Die man wat verlede week in hegtenis geneem is na sy meisie se liggaam in ‘n tas langs die pad in Oos-Londen gevind is, het Maandag op aanklag van moord in die landdroshof verskyn.

FiND iT het voorheen berig Nosicelo Mtebeni se liggaam is in ‘n tas langs die pad in Quigney gevind en ‘n swartsak met nog liggaamsdele is langs die tas gevind.

Die man is in hegtenis geneem in verband met die moord.

Hy was glo in ‘n verhouding met die slagoffer.

Die saak is tot 28 September uitgestel vir verdere ondersoek.