Liggaamsdele van student in tas gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Liggaamsdele van ’n 23-jarige student van Oos-Londen is Donderdag in ’n tas langs die pad gevind.

Die verdagte, wat glo in ’n verhouding met die student was, is kort na die student se liggaam gevind is, in verband met die moord in hegtenis geneem.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê ’n verbyganger het die polisie, wat op patrollie was in die area, van die liggaam in die tas in kennis gestel.

Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle die liggaam in ’n tas gekry. Langs die tas was nog ’n swartsak met liggaamsdele in.

Toe die polisie die verdagte in hegtenis geneem het, het hulle op nog swartsakke met liggaamsdele in die huis afgekom.

Die verdagte verskyn na verwagting vandag in die landdroshof in Oos-Londen.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Lees ook: Kby-kontrakteur ‘keelvol’ oor munisipaliteit nie waterlek herstel