Seun (6) steeds vermis na see hom en sy ma meesleur

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Seun (6) is steeds vermis nadat hy die naweek saam met sy ma deur die see meegesleur is.

Volgens IPSS Medical Rescue het die soek- en reddingspanne alles in hul vermoë gedoen om die kind op te spoor. Daar word berig dat die ma en kind op ‘n onbeskermde strand was was toe hulle twee deur die see meegesleur is. Die ma kon gered word.

Seun heel naweek al vermis

IPSS Medical Rescues se gevorderde lewensondersteunende paramedici het saam met die polisie sowel as die NSRI na die vermiste seun gesoek. Hommeltuie is ingespan en verskeie soek- en reddingspanne is uitgestuur.

Die soektog sal moontlik vandag weer hervat word.

LEES OOK: Ma se kêrel mishandel glo hond seksueel, dogter getraumatiseer

LEES OOK: Ma sien ‘beskermengel’ op sonarfoto na drie miskrame

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.