Die wat aandklokreël oortree, sal vervolg word, sê NK-polisie

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD -KAAP. – Die polisie in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op lede van die provinsie om die aangepaste vlak 3-regulasies en veral die aandklokreël te gehoorsaam.

Die aandklokreël bly van toepassing onder aangepaste vlak 3 en daar word verwag dat alle burgers tussen 22:00 en 04:00 by hulle huise sal wees. Slegs persone wat noodsaaklike dienste verrig en oor die nodige dokumente beskik, sal op straat toegelaat word.

Die polisiebestuur in die provinsie het met groot kommer opgemerk dat sekere sake-eienaars nie die voorgeskrewe werksure nakom nie. Indien jy versuim om dit na te kom, sal boetes opgelê word.

Aandklokreël is vanaf 22:00 tot 04:00

Soos aangekondig deur president Cyril Ramaphosa moet alle nie-noodsaaklike ondernemings teen 21:00 gesluit wees sodat werknemers teen 22:00 reeds tuis kan wees. Die wet sal in hierdie verband kragtig toegepas word, daarom word sake -eienaars in sterk terme gewaarsku om nie die regulasies te oortree nie.

Daar sal voortgegaan word om die verkoop van alkohol te monitor. Die verkoop van drank gedurende naweke en openbare vakansiedae is streng verbode. Alkohol kan egter van Maandag tot Donderdag tussen 10:00 en 18:00 verkoop en gekoop word. Eienaars van drankwinkels en tavernes word gewaarsku dat hulle deur die polisie gemonitor sal word.

LEES OOK: Dodelike virus in Wes-Afrika aangeteken, sterftesyfer van 88%

LEES OOK: Twee-jarige verdwyn, polisie soevrou vir inligting

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.