Griekwas teen die Bulle môremiddag

Deel hierdie storie / Share this story

Die Tafel Lager Griekwas speel môremiddag teen ’n gekweste Bulls-span wat verlede naweek net nie daarin kon slaag om hulle stempel op die Sharks te kon afdwing nie. 

Griekwas het nog vier wedstryde oor waarvan hy ten minste drie moet baasraak.

Eduan Keyter, regtervleuel, speel met elke wedstryd beter met sy opportunistiese vermoë om uit niks iets te maak. 

Sy aanvallende spel maak hom die voorste driedrukker in hierdie jaar se Carling Cup en tereg so. 

Keyter is baie sterk op die aanval en bemeester die vermoë om kortpad oor sy teenstanders doellyn toe te hardloop. 

Voorlangs het die kaptein en agtsteman weer gewys waarom hy nie gering geskat moet word nie. Sy beheer van die vaste fasette is opmerklik.

Mox Mxoli word met elke skrum beter en die loskop is een speler vir die toekoms om dop te hou.

Die wedstryd skop om 16:25 af en word regstreeks vanaf Loftus uitgesaai.

LEES OOK: Dokter met ’n hart van goud