Jacob Zuma, voormalige president, se korrupsiesaak teen hom is weens sy gesondheidstoestand en hospitalisasie tot 9 September uitgestel.
Zuma-korrupsiesaak uitgestel
Zuma se saak is vandag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof uitgestel, maar sy dokter moet teen 20 Augustus ‘n mediese verslag indien. Die verslag sal dan bepaal of hy medies ongeskik is om verhoor te word. Indien die verslag wel bewys dat die voormalige president se gesondheidstoestand te sleg is, kan dit die einde van die saak teen hom beteken.
Hy is Vrydag in ‘n hospitaal buite die Escourt-gevangenis opgeneem.
LEES OOK: Dodelike virus in Wes-Afrika aangeteken, sterftesyfer van 88%
LEES OOK: Twee-jarige verdwyn, polisie soek vrou vir inligting
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



