NELSPRUIT. – Die polisie is steeds op soek na verdagtes nadat ‘n plaaseienaar (62) en sy gesin op hulle plaas aangeval is.
Die voorval het Maandag op die plaas Brondal, in Sabie, plaasgevind. Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer drie gewapende verdagtes het Maandag die plaashuis binnegegaan. Hulle het na bewering die boer, sy vrou en dogter gyselaar gehou.
Verslae dui verder aan dat ‘n sekere veiligheidsmaatskappy oor die voorval in kennis gestel is. Twee veiligheidswagte is na die toneel ontbied. Een is op die toneel geskiet. Die ander een is ook glo gyselaar gehou, ontwapen en aangerand.
“Die verdagtes het na bewering die eienaar geskiet en ‘n familievriend se wit Ford Ranger-bakkie geroof. Hulle het met drie vuurwapens en ‘n selfoon weggekom. Die bakkie is later verlate, ongeveer twee kilometer van die plaashuis af, gevind.”
Niemand vas na gesin op plaas aangeval is nie
Die polisie op Sabie sowel as die mediese personeel is oor die voorval ingelig. Een van die veiligheidswagte is op die toneel dood verklaar, terwyl die plaaseienaar en die ander wag na die hospitaal geneem is.
‘n Massiewe soektog is van stapel gestuur en ‘n ondersoek is aan die gang. Die provinsiale kommissaris van die polisie in Mpumalanga, lt.genl. Manamela, het verder beveel dat die verdagtes vinnig gearresteer moet word.
“Ons kan nie rus totdat al die vuurwapens teruggevind is met al die verdagtes wat in hegtenis geneem is nie. Sekerlik het iemand in die gemeenskap iets gesien of gehoor. Ons is vol vertroue dat lede van die publiek sal help met inligting wat sal kan help om die verdagtes op te spoor en in hegtenis te neem.”
Enigiemand met inligting oor die voorval kan die takbevelvoerder, Johannes Thomas Motau by 0824489480 kontak of die Crime Stop-nommer bel by 08600 10111.
LEES OOK: KYK: bejaarde man veg teen vermeende rower
LEES OOK: KYK: Boer gesels na sy gesin op hul plaas aangeval is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



