Leeus maak drie kinders dood, vierde een beseer

Deel hierdie storie / Share this story

TANZANIë. – Drie jong kinders is die week deur leeus naby Tanzanië se wêreldbekende natuurreservaat in Ngorongoro verskeur.

Justine Masejo, polisiehoof in Arusha, het aan AFP gesê die kinders, tussen nege en 11 jaar oud, het na skool in ‘n bos naby die Ngorongoro-bewaringsgebied gegaan om na verlore beeste te gaan soek.

Die drie kinders is in die bos aangeval en het gesterf. ‘n Vierde een is beseer. Volgens die polisie is die bosse naby Ngorongoro ‘n tuiste vir groot katte soos leeus.

LEES OOK: Ma sluit haarself en baba toe, bid glo terwyl sy hom slaan

LEES OOK: Table View-seuns baklei oor ‘pakkie skyfies’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.