KAAPSTAD. – Een leerder van Hoërskool Table View is geskors en drie ander staar ‘n tugverhoor in die gesig nadat ‘n video versprei het waarin seuns glo oor ‘n pakkie skyfies baklei.
In die video baklei twee seuns. Een van die seuns gooi dan die ander een op die vloer neer en hou aan om hom te skop en te slaan. Ander kinders kan ook in die video gesien word.
WKOD na Table View-geveg
Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), het bevestig die voorval het al verlede Donderdag gebeur. Volgens Hammond het twee leerders na bewering oor ‘n pakkie skyfies baklei. Sy sê verder ‘n ander leerder het ingegryp om die geveg te beëndig en is glo aangerand.
Alhoewel baie mense steeds die video in besit het, het Facebook meeste van dié wat mense gedeel het, afgehaal.
LEES OOOK: KYK! Tatjana terug in Suid-Afrika na Olimpiese Spele
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



