GAUTENG. – Tatjana Schoenmaker (24) het laat Maandagmiddag op die OR Tambo-lughawe aangekom nadat sy ‘n goue en silwer medalje by die Olimpiese Spele gewen het, sowel as ‘n wêreldrekord gebreek het.
Sy was vergesel van haar afrigter Rocco Meiring. Tatjana se ouers, haar kêrel en talle trotse Suid-Afrikaners het haar ingewag op die lughawe. Sy is ook deur die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa en Sascoc se ondervoorsitter Lwandile Simelane ontvang.
LEES OOK: Meer bekend na seun (3) by Waterfront-sentrum na sy dood val
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



