DURBANVILLE. – Diegene van ons wat al ‘n kelner was, weet hoe dit voel as jy jou beste voetjie voorsit by jou betrokke tafel en jy ontvang aan die einde van die aand jou welverdiende fooitjie.
Om ‘n fooitjie te gee, wys jou dankbaarheid teenoor die diens wat jy ontvang het, maar om ‘n fooitjie vir elke kelner in die restaurant te los, is iets wat nie sommer gebeur nie.
Simply Asia in Durbanville het op hulle Facebook-blad ‘n foto van ‘n rekening gedeel. Die totaal van die rekening was slegs R453, maar die kliënt het veel meer as net ‘n 10% fooitjie gegee.
“‘n Blyk van waardering vir een van ons Simply Asia-kliënte! Ons winkel in Durbanville het ‘n groot verrassing en lekkerte gekry toe een van ons getroue kliënte ‘n fooi van R500 vir elke personeellid aan diens agtergelaat het. ‘n Totaal van R6 000. Ons is dankbaar vir die vrywillige bydrae vir die restaurant en personeel in hierdie moeilike tyd,” lui die restaurant se inskrywing.
Kyk na die restaurant se inskrywing:
LEES OOK: Seuntjie vir ure vermis, dood in speelgoedkis gevind
LEES OOK: Meer bekend na seun (3) by Waterfront-sentrum na sy dood val
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



