Seuntjie vir ure vermis, dood in speelgoedkis gevind

Deel hierdie storie / Share this story

UTAH. – Die soektog deur familielede, polisie en die gemeenskap na ‘n 4-jarige seuntjie wat vir ure vermis was het Sondagoggend tragies geëndig.

Kache Wallis (4) is Saterdagaand laaste deur sy ouma gesien, toe sy hom in sy bed naggesê het. Die volgende oggend was hy nêrens te vinde nie. Sy ouma kon nie die jong seun, wat Sondagoggend nie meer in sy bed was nie, vind nie. Wetstoepassers is ontbied en het saam met die familie en vriende na hom begin soek.

Seuntjie wat vermis is, se liggaam in huis gevind

Nadat daar oral in die omgewing na hom gesoek is, het die owerhede besluit om die huis vir ‘n derde keer te deursoek. Dit is toe hulle klein Kache dood in sy speelgoedkis gevind het.

Volgens The Mirror is dit bevestig dat Kache in die klein speelgoedkis gekruip het en daarin versmoor het. Die kantoor van die mediese ondersoeker in Utah het bevestig hulle glo nie vuil spel was betrokke nie..

LEES OOK: Meer bekend na seun (3) by Waterfront-sentrum na sy dood val

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.