Ma sluit haarself en baba toe, bid glo terwyl sy hom slaan

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ‘n Ma, Mutavhatsindi Ndishavhani (24), van die dorp Ha-Lambani Tswinganani, het vandag in die Tshaulu-hof verskyn nadat sy glo haar 11 maande oue baba geslaan het.

Volgens Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, word daar beweer dat die ma op Sondag 20 Junie haarself en die seuntjie in haar huis toegesluit het. Terwyl sy gebid het, het sy na bewering die kind begin slaan.

Gemeenskap hoor glo ma baba slaan

“Gemeenskapslede het die geskree van die baba gehoor en na die huis gehaas. Toe hulle besef dat die deur gesluit is, het hulle dit afgebreek en die erg beseerde baba van die ma geneem.”

Die baba is na die Lambani-kliniek geneem en met sy aankoms dood verklaar. Die saak is uitgestel tot 31 Augustus 2021 vir ‘n datum vir die ma se psigiatriese waarneming.

LEES OOK: KYK: Dogter soos besetene, verlam na gedokterde drankie

LEES OOK: Table View-seuns baklei oor ‘pakkie skyfies’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.