KYK: bejaarde man veg teen vermeende rower

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Beelmateriaal waarin ‘n bejaarde man van Randfontein nie terugstaan nie en teen ‘n vermeende rower in sy erf veg, is vandag op sosiale media gedeel.

Volgens die beeldmateriaal het die voorval op 29 Julie gebeur. Die video begin waar ‘n man die erf binnegaan. Hy kyk en loop rond. ‘n Ander man, die inwoner, word dan ook gesien. Hy nader dan die vermeende rower. In die video kan duidelik gesien word hoe die vermeende rower met ‘n voorwerp, waarskynlik ‘n graaf, na die man slaan. Die bejaarde probeer homself dan beskerm met ‘n voorwerp wat hy by hom het. Hulle twee raak dan in ‘n geveg betrokke.

Aan die einde van die video beweeg die vermeende rower agteruit en altwee verdwyn dan uit die beeld.

Die bejaarde man het in ‘n onderhoud aan Herald gesê hy was gelukkig in die gesig en bolyf met die voorwerp geslaan nie.

Kyk hier die video waar die bejaarde man teen ‘n vermeende rower veg:

LEES OOK: KYK: Boer gesels na sy gesin op hul plaas aangeval is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.