11 fietsryers vanoggend raakgery, een op toneel dood

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Verskillende spanne van IPSS Medical Rescue is vanoggend ontbied na ‘n massiewe ongeluk op die R102 Frasers, Tongaat toe 11 fietsryers raakgery is.

Een van die fietsryers dood

Daar word berig dat ‘n voertuig verskeie motors teen ‘n opdraande verbygesteek het en toe ‘n groep fietsryers raakgery het. ‘n Jong fietsryer het onder die voertuig beland en is etlike meters gesleep. IPSS se gevorderde lewensondersteunende paramedici en reddingspersoneel het gewerk om die seun te bevry. Hy het veelvuldige beserings opgedoen en is hy op die toneel dood verklaar.

Drie fietsryers het ligte tot matige beserings opgedoen. Die verkeer was vir ‘n lang tyd ontwrig.

LEES OOK: KYK: bejaarde man veg teen vermeende rower

LEES OOK: KYK: Boer gesels na sy gesin op hul plaas aangeval is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.