Caltex-vulstasies se naam gaan verander

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende Caltex-vulstasies in Suid-Afrika en Botswana se naam gaan verander. Die vulstasies gaan nou Astron Energy genoem word.

Die naamsverandering is die gevolg van Glencore South Africa Oil Investments wat die voormalige Chevron South Africa gekoop het.

Astron Energy is Suid-Afrika se tweede grootste petroleumnetwerk met meer as 850 Caltex-handelsmerk vulstasies in Suid-Afrika en Botswana. Die bestaande netwerk van diensstasies sal oor die volgende paar jaar naamsveranderinge ondergaan.

Caltex se naamverandering eers binne volgende paar jaar

Braam Smit, Astron Energy se uitvoerende hoof, het het aan Buisiness Insider gesê dit is ‘n geleentheid om hulself weer voor te stel en te herontdek as ‘n toonaangewende Afrika-energiemaatskappy met ‘n trotse erfenis en ‘n baie belowende toekoms.

“Astron Energy het ‘n diep verbintenis tot Afrika, sy mense en die ontwikkeling van die vasteland. Dit is ‘n belangrike stap in ons ambisie om die grootste brandstofmerk in Suid -Afrika te word. Ons gaan van die bestuur van ‘n handelsmerk na die besit daarvan. Ons sal aanhou om hoëprestasiebrandstowwe aan kliënte te bied, uitstekende produkte en uitstekende diens wat deur uitstekende mense gelewer word, sowel as opwindende nuwe aanbiedinge en ervarings as deel van die lewendige, nuwe voorkoms van Astron Energy.”

LEES OOK: Man erken skuld na bejaarde in ouetehuis aangerand, vasgebind, verwurg is

LEES OOK: Table View-seuns baklei oor ‘pakkie skyfies’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.