GAUTENG. – Netcare 911 is ontbied nadat ‘n werker op ‘n wildsplaas op Hekpoort Magaliesburg deur ‘n buffel aangeval is.
Buffel agter heining op wildsplaas
Verslae dui daarop dat ‘n 29-jarige volwasse werker wat langs ‘n grensheining geloop het, deur ‘n buffel aangeval is. Die werker het ernstige beserings aan sy hele liggaam opgedoen en is op die toneel deur paramedici van Netcare 911 behandel.
Nadat die man gestabiliseer is, is hy met die Netcare 911-helikopter na ‘n spesialishospitaal gevlieg vir die nodige sorg.
LEES OOK: Ma sluit haarself en baba toe, bid glo terwyl sy hom slaan
LEES OOK: Table View-seuns baklei oor ‘pakkie skyfies’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



