Rihanna is nou amptelik aangewys as ‘n biljoenêr en die wêreld se rykste vroulike musikant.
Dit is volgens die Forbes-tydskrif. Die tydskrif berig verder haar netto waarde is ongeveer $1.7 biljoen.
Sy maak meeste van haar geld uit haar kosmetiekreeks Fenty Beauty. Die res van Rihanna se rykdom kom uit haar aandeel in die onderklereonderneming Savage x Fenty en haar inkomste as sangeres en aktrise, skryf die tydskrif verder.
Dit maak Rihanna die tweede rykste vermaaklikheidsster naas Oprah Winfrey.
LEES OOK: KYK: Dogter soos besetene, verlam na gedokterde drankie
LEES OOK: Table View-seuns baklei oor ‘pakkie skyfies’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



