BELLVILLE. – Die 93-jarige, Cynthia Doubell, se naakte liggaam is op haar bed deur haar buurvrou ontdek. Sy is vermoedelik vermoor.
Die buurvrou wat Doubell ontdek het, vertel aan Daily Voice sy het Sondagoggend gewonder waar Doubell is omdat sy elke oggend vir haar koffie neem wanneer sy op die stoep sit. Die betrokke oggend was sy nie op die stoep nie.
Man vas na 93-jarige se moord
Dis toe dat sy na Doubell se blyplek geloop en haar liggaam ontdek het. Sy het dadelik die polisie ontbied. Daar word vermoed die voorval moes vroeg Sondagoggend gebeur het.
Volgens die polisie is ‘n 25-jarige verdagte in hegtenis geneem. Hy bly in aanhouding en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
LEES OOK: Table View-seuns baklei oor ‘pakkie skyfies’
LEES OOOK: KYK! Tatjana terug in Suid-Afrika na Olimpiese Spele
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



