Kimberley – die stad wat saamstaan teen geweld

Deel hierdie storie / Share this story

Met die plundering wat oor die afgelope maand in dele van Suid-Afrika plaasgevind het, het Kimberley soos een man saamgestaan om die stad te beskerm.

Stede het deurgeloop onder skade, mense het geveg vir hulle lewens en dorpe het tot stilstand gekom. Maar, gemeenskapslede van Kimbeley het besluit om hulle voet neer te sit en “nee” te sê vir geweld.

Kimberley-mense staan op vir die stad

Kimberliete se harte was warm toe ‘n groep mense die koue aande aandurf om die veiligheid van inwoners en eiendomme te verseker. Die groep het hulle tyd opgeoffer en bymekaargekom om seker te maak niemand van die stad slaag daarin om die stad te plunder en te vandaliseer nie.

Hulle het die wêreld gewys wat kan gedoen word wanneer ‘n gemeenskap hande vat en opstaan vir dit wat reg is.

Baie het die groep mense geprys en bedank vir dit wat hulle vir die stad beteken en gedoen het.

Foto: Facebook
Foto: Facebook
Foto: Facebook

LEES OOK: Twee klein hondjies gered toe verdagte van eiendom vlug

LEES OOK: Boipelo Awuah se eerste Olimpiese Spele kortgeknip

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.