KWAZULU-NATAL – Lede van die Durban-blitspatrollie en die soek-en-reddingseenheid het twee klein hondjies in die Ngcolosi-omgewing teëgekom terwyl hulle op soek na gesteelde goedere was.
Tydens ’n poging om goedere wat tydens die plundering gesteel is te herwin, is twee verlate klein hondjies op ‘n eiendom gevind. Die ondervoede hondjies is na bewering drie dae lank al alleen nadat die eienaar gevlug het toe hy hoor dat hy in hegtenis geneem sou word weens openbare geweld en diefstal van ‘n motor.
Lede het die hondjies na die Village-veeartskliniek in Kloof geneem, waar hulle gratis inentings en ontwurming ontvang het voordat hulle suksesvol by ‘n pleeggesin geplaas is.
LEES OOK: Ligte vliegtuig stort langs Vaalrivier neer, twee beseer
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



