Paramedici probeer beseerde hond langs pad se lewe red

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Netcare 911 sê hulle paramedici het nie twee keer gedink om die lewe van ‘n ernstig beseerde hond langs die pad te probeer red nadat een van hulle paramedici die hond langs die N14 opgemerk het.

Die volwasse wyfie pittbull-kruising het ernstige beserings opgedoen nadat sy deur ‘n motor getref is. Sy het ook vreeslik gesukkel om asem te haal in die ysige koue weer.

“Sonder om twee keer te dink, is ‘n ambulans sowel as die gespesialiseerde reddingseenheid van Netcare 911 na die toneel gestuur,” sê Netcare 911 in ‘n verklaring.

Terwyl die paramedici die hond probeer gemaklik maak het, is ‘n plaaslike veearts gekontak oor die voorval en in kennis gestel van die ambulans. Nadat die hond veilig in die ambulans gelaai is, het hulle na die veearts gehaas, wat onmiddellik met die hond na die operasiesaal gejaag het.

Na ‘n lang stryd deur alle betrokkenes om die hond se lewe te red, is sy ongelukkig oorlede.

“Ons wil ons opregte waardering uitspreek teenoor al die memse wat die lewe van die hond probeer red het en ons daaraan herinner het dat ALLE lewens kosbaar is. Baie dankie aan die span van die Fourways Vet-hospitaal.”

LEES OOK: Kind val na sy dood in Bloem-winkelsentrum

LEES OOK: 21 dood na vragmotor, taxi en motor bots

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.