Polisie op soek na ‘ginekoloog’ wat glo pasiënte verkrag het

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Die polisie van hier is op soek na ‘n “ginekoloog” wat glo twee pasiënte in verskeie hospitale verkrag het en daarna net verdwyn het.

Volgens IOL sê die polisie dat daar ‘n saak teen die man by die Pretoria- sentrale polisiestasie oopgemaak is, maar hy kan nie gevind word nie.

Die ginekoloog verkrag glo pasiënte tydens ondersoeke

Die “ginekoloog” is glo deur ‘n ander ginekoloog gehuur om pasiënte te ondersoek. ‘n Vrou het toe ingegaan vir ‘n ondersoek by die Louis Pasteur- privaat hospitaal en is glo daar deur die persoon verkrag.

Dieselfde man het glo ‘n ander pasiënt by ‘n ander hospitaal in Pretoria tussen 2018 en 2020 verkrag, waarna hy verdwyn het.

Die “ginekoloog” is nie geverifieer voordat hy gehuur is nie

Geen van die hospitale het die “dokter” se inligting soos sy geloofsbriewe (credentials), CV, registrasienommer of rekord van dienslewering nie.

Die #NotinMyName-organisasie het ingetree en gevra dat die spreekkamers waarin die persoon gewerk het toegemaak moet word. Die spreekkamers behoort aan ‘n dokter van Mediclinic MedForum.

Die groep neem die ginekoloog wat die vermeende verkragter gehuur het ook verantwoordelik. Hulle verneem dit was sy plig om die “dokter” se geloofsbriewe te verifieer. Die groep het Vrydag buite die Louis Pasteur-hospitaal geprotesteer.

Sekretaris-generaal Themba Masango sê die slagoffer het Donderdag na die Louis Pasteur-hospitaal gegaan. Sy sê die “dokter” het haar ondersoek waarna hy haar na ‘n ander area verwys het om haar klere uit te trek.

“Hy het haar ook aangesê om heeltemal uit te trek en haar daarna glo verkrag. Daarna het hy glo volgens Masango haar masker verwyder en haar gesoen.”

Die Raad vir Gesondheidsberoepe sê die persoon is nie by hulle geregistreer nie.

Die polisie sê geen steen sal onaangeraak gelaat word om die verdagte vas te trek nie, aangesien “geen beskuldigde moet verdwyn sonder om te antwoord op misdade teen hulle nie”.

Lees ook: Meisie aangekla oor leuens aan polisie oor ontvoering