GAUTENG. – ‘n Vrou (20) is in die voorstad Die Hoewes, Centurion, raakgery en het onder ‘n tweede motor beland waar sy vasgekeer was.
ER24-paramedici het op die toneel aangekom en die vrou onder ‘n Volvo SUV gevind. Sy is na bewering deur ‘n Hyundai raakgery en toe het ’n Volvo oor haar gery. Die vrou het onder die agterwiel van die Volvo vasgesit.
Vrou bevry na sy raakgery is
Die plaaslike gemeenskap het die voertuig opgelig om die vrou te bevry. Nadat die paramedici haar ondersoek het, is bevind dat sy veelvuldige beserings opgedoen het en in ‘n kritieke toestand was. Die vrou is op die toneel met lewensondersteuningsmetodes behandel. Sy is daarna na ‘n privaat hospitaal in die omgewing vir verdere sorg geneem.
LEES OOK: AARDBEWING: Gauteng-inwoners vanoggend wakker geruk
LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



