KIMBERLEY. – Op 28 Julie 2021 het die landdroshof in Kimberley Chris Potgieter (43) tot 20 jaar tronkstraf gevonnis na ‘n man op die Boshoff-pad buite Kimberley gekaap en geskiet is.
Volgens Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, het die voorval in Maart 2020 plaasgevind. Die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad het onmiddellik begin met die ondersoek wat hulle na Wolmaransstad gelei het waar die verdagte weggekruip het.
Motor gevind na kaping op Boshoff-pad
Die vuurwapen wat gebruik is om die misdaad te pleeg, is teruggevind saam met ander vuurwapens, asook klere met bloedvlekke op. Die gekaapte voertuig is ook verlate deur die Wolmaransstad-polisie gevind. Potgieter is skuldig bevind en 20 jaar tronkstraf opgelê weens poging tot moord en kaping.
Die waarnemende provinsiale hoof vir georganiseerde misdaad, kol. Clayton du Plooy, het die vonnis verwelkom en die ondersoeker, sers. Stefaans Mangate, geprys vir die ywerige werk wat verseker dat geregtigheid gedien word.
LEES OOK: KYK! Labrador vanoggend na vyf ure uit stormwaterdrein gered
LEES OOK: Fondsinsameling gee ma (35) met kanker weer nuwe hoop
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



