JOHANNESBURG. – Polisie, veiligheidsbeamptes, beamptes van die Johannesburgse padagentskap, die Randburg-DBV en nooddienste was vanoggend onder die span wat gesweet het om Sushi, ‘n 14-jarige labrador, uit ‘n stormwaterdrein te red.
Volgens Shiven Bodasing, inspekteur van die Randburg-DBV, is die organisasie vanoggend om 07:00 gekontak oor die labrador wat vanoggend in die gat geval het. Die span het alles in hulle vermoë gedoen om Sushi uit die gat te lok, maar daar was geen sukses nie.
Span red Labrador uit gat na vyf ure
Kos is vir die hond aangebied. Water is afgesak in die gat en ‘n stuk van die teer is selfs oopgekap om hom te bevry. Sushi is uiteindelik om 12:00 gered. – Northcliff Melville Times
Die volledige storie oor Sushi se redding kan ook hier glees word.
LEES OOK: Fondsinsameling gee ma (35) met kanker weer nuwe hoop
LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



