September 16, 2021

Doofstom vrou twee keer verkrag

Mienies is 10 jaar tronkstraf vir die eerste verkragting en nog 15 jaar vir die tweede verkragting opgelê

Doofstom vrou twee keer verkrag

Doofstom vrou twee keer verkrag Foto: UNC Health Talk

UPINGTON. – Gerrit Brian Mienies (44) is in die Upington-streekhof gevonnis nadat hy ‘n doofstom vrou tydens twee geleenthede verkrag het.

Mienies is 10 jaar tronkstraf vir die eerste verkragting en nog 15 jaar vir die tweede verkragting opgelê. Die vonnisse sal gelyktydig verloop.

Die beskuldigde het die 27-jarige doofstom vrou twee keer verkrag terwyl sy by haar tannie in Pabalelo gekuier het. Mienies is ‘n vriend van die tannie. Die eerste voorval het op 27 April 2019 en die tweede op 4 Mei 2019 gebeur.

‘n Saak is op 5 Mei 2019 by die polisie aangemeld en die beskuldigde is op 20 Mei 2019 in hegtenis geneem. Hy is borgtog geweier en het in aanhouding gebly tot sy vonnisoplegging in die Upington-streekhof.

Die provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), brig, Nicky Mills, het Howard Loabile geprys vir sy “uitstekende ondersoekwerk in hierdie relatief ingewikkelde saak”.

LEES OOK: Fondsinsameling gee ma (35) met kanker weer nuwe hoop

LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *