PRETORIA. – Die vyf maande oue “Baby T” het 18 frakture regoor haar liggaam gehad toe sy verlede jaar deur ’n dokter gesien is.
Dr. Julian Smith, pediater, sê om sulke frakture aan ’n baba te veroorsaak, moes iemand geweldige krag gebruik het.
Die ma (22) en pa (24) van die baba staan tereg op aanklag van poging tot moord, aanranding en kinderverwaarlosing in die Gautengse hooggeregshof. Die baba en die ouers se identiteit mag nie bekend gemaak word nie om die baba te beskerm. Albei ouers het voor regter Hennie de Vos onskuldig gepleit.
Lees die vorige storie oor Baby T hier: Ouers aangekla van mishandeling van baba met 18 frakture
Volgens IOL het dr. Smith gister getuig toe sy die baba verlede jaar in Junie vir die eerste keer sien, was sy maer, gedehidreer, blou in die gesig en kon nie asemhaal nie. Haar liggaam was in skok. Smith het die frakture op X-strale en ’n MRI-skandering gesien.
Babas se bene is buigsaam, daarom, getuig Smith, moes uiterse krag en geweld gebruik word om dit te breek.
Smith sê sy het ’n aantal toetse gedoen om te verseker dat die baba nie ’n mediese kondisie het wat daartoe kon lei dat haar bene so baie kon breek nie. Sy kon geen vind nie.
Dr. Michelle Molletze het getuig Baby T het slegs 1,7 kg geweeg met haar geboorte in Februarie 2020. Sy moes ’n paar weke in die hospitaal bly. Sy was gesond en het self gedrink met haar ontslag uit die hospitaal.
Skaars twee maande later is dr. Molletze deur Baby T se pa gebel. Die pa het gesê die baba het aan melk verstik en kan nie asemhaal nie. Hy het gesê hy het die baba op die rug geslaan in ’n poging om van die melk uit haar mond te kry.
Dr. Molletze het gesê sy was bekommerd toe sy die baba sien, want sy het gesukkel om asem te haal en was baie bleek. ’n CT-skandering is gedoen en verskeie rib-frakture is aan die lig gebring het. Sommige was oud en ander nuut. Baby T was ontslaan in haar ouma se sorg.
Drie maand later toe Baby T weer hospitaal toe moes gaan het die ouers gevra dat dr. Molletze nie geroep word vir die konsultasie nie. Dr. Smith het die konsultasie oorgeneem en het gesien die baba sukkel weer met asemhaling en sy het gewig verloor. Sy is toe in die intensiewesorgeenheid opgeneem.
Baby T se frakture is nie al beserings wat sy gehad het nie
Dr. Smith sê die X-strale het getoon dat die frakture in Baby T se liggaam rib-frakture, die been wat die borsplaat met die skouer verbind en ander gebreekte bene was. Sy sê baie van die frakture kon lewensgevaarlik wees as dit in die baba se organe gesteek het.
Verder, sê Smith, het Baby T ook ’n blou ken gehad en sagte weefsel om haar nek was beseer. Toe sy gevra is wat die beserings kon veroorsaak het, het sy gesê die baba kon met geweld van die een kant na die ander kant geswaai wees. Die beserings aan die nek het sy beskryf as “sweepslag” wat ook deur die swaai van die baba veroorsaak is.
Die dokter het die voorval by die polisie aangemeld.
Lees ook: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is



