Drie dood na motorbestuurder glo nie stopteken gehoorsaam nie

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Drie mense is dood en vier ander beseer na twee VW Polo sedans op die N11-pad naby Slaagboom-plaas by Sekhukhune in Limpopo betrokke was.

Daar word beweer dat die bestuurder van die een Polo-sedan nie by die stopteken stilgehou het nie. Dit het veroorsaak dat dit in ‘n ander sedan vasgery het.

Drie op toneel dood verklaar

Drie passasiers is op die toneel dood verklaar, een bestuurder is in ‘n kritieke toestand, terwyl die ander bestuurder en twee passasiers ligte beserings opgedoen het.

Volgens die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid is roekelose bestuur genoem as die moontlike oorsaak van die ongeluk.

Die departement doen ook ‘n beroep op motoriste om geduldig te wees en versigtiger te bestuur.

LEES OOK: Fondsinsameling gee ma (35) met kanker weer nuwe hoop

LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.