Twee susters (84, 55) glo deur groep seuns beroof

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Twee susters, onderskeidelik 84 en 55, het kop- en gesigbeserings opgedoen toe hulle Maandagmiddag glo deur ‘n groep kinders in Trenance Park beroof is.

Reaksie-eenheid Suid-Afrika (RUSA) is omstreeks 16:11 na die toneel ontbied. Met hulle aankoms het die reaksiebeamptes onderhoude met die slagoffers gevoer in ‘n poging om uit te vind wat gebeur het. Volgens die slagoffers het hulle van ‘n inentingsterrein terugkeer toe die voorval plaasgevind het.

Twee susters beroof

“Die vroue het verder verduidelik dat hulle vervoer hulle by die Trenance Park Old Phase-ingang afeglaai het, waar hulle na bewering deur agt seuns van ongeveer 9 en 10 jaar oud aangeval is,” lui ‘n verklaring van RUSA.

Die vrouens is ook glo met messe gedreig, aangerand en van hul handsakke met kontant, identiteitsdokumente, inentingskaarte en ander waardevolle artikels beroof. Hulle is toe glo op die grond gedruk en verder aangerand.

LEES OOK: Ligte vliegtuig stort langs Vaalrivier neer, twee beseer

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.