KIMBERLEY. – ’n Pa van Kimberley se poging om sy laerskoolkind terug te kry, het so ver gegaan dat hy inwoners van die stad gedagvaar het omdat hy beweer welsynwerkers van Caritas het sy kind by sy huis onwettig verwyder.
In die hooggeregshof in die Noord-Kaap is daar gister gesê die hofbevel in plek wat welsynwerkers by die kinderhof verkry het om die minderjarige in die toesig van die biologiese ma te plaas, is net tydelik.
Die pa, wie homself verdedig, sê hy weet nie waarom sy kind, wie permanent by hom woon, uit sy sorg verwyder is nie.
Onder die mense wat gedagvaar is, is ’n skoolhoof van ‘n laerskool, ’n lid van die DA, Caritas en verskeie gemeenskapslede.
Die dagvaardings is eers Vrydagmiddag 23 Julie 2021 om 16:00 uitgereik.
Die saak is uitgestel sodat al die mense wat gedagvaar is, in kennis gestel kan word, asook sodat hofdokumente van die kinderhof bekom kan word.
Die saak gaan Donderdag voort.
Lees meer artikels hier.



