September 16, 2021

Man van Mosselbaai se liggaam in Vrystaat gevind

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Mosselbaai-man se liggaam in Vrystaat gevind

Mosselbaai-man se liggaam in Vrystaat gevind

VRYSTAAT. –  Die liggaam van ’n man van Mosselbaai is Dinsdag in die Vrystaat gevind. Sy liggaam is op die N1 tussen die Gariepdam en Colesburg gevind.

LEES OOK: Besigheidsman kritiek na hy gesteek en beroof is

Man van Mosselbaai se liggaam op N1 in Vrystaat gevind

Ainsley Hermanus (23) is Saterdag laas gesien en is as vermis aangemeld.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê Hermanus, wat by die Gariepdam gewerk het, het Saterdag saam met twee mans sy huis verlaat nadat hulle hom daar gaan soek het. Hy is daarna nie weer gesien nie.

Saak van moord word ondersoek

Makhele sê ’n saak van moord word nou ondersoek. Hy het ook bevestig daar is veelvuldige beserings en verdedigingswonde aan Hermanus se liggaam.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

LEES OOK: Vrou onder motor gesleep toe bestuurder van kapers vlug

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *