Donasies van babaformule onwettig sê departement van gesondheid

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – Die departement van gesondheid sê donasies en verkoop van babaformule is onwettig. Dit volg na die plunderstrooptogte wat in dele van Suid-Afrika plaasgevind het.

Volgens EyeWitness News het die plundering veroorsaak dat daar ‘n tekort aan babaformule en ander noodsaaklike goedere in sekere dele van die land voorkom. Talle desperate moeders het hulself tot sosiale media gewend om te vra vir hulp toe die formulemelk skaars raak.

Die donasies van babaformule en tuisgemaakte formulemelk kan skadelik wees

Die departement versoek dat donasies eerder deur die nasionale departement van gesondheid gedoen moet word, om te verseker dit voldoen aan die nodige veiligheidstandaarde.

Die departement waarsku ook teen die resepte van tuisgemaakte formulemelk en sê dit kan skadelik vir babas wees.