September 23, 2021

Besigheidsman kritiek na hy gesteek en beroof is

Kapt. Bashoabile Kale, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord.

Besigheidsman kritiek na hy gesteek en beroof is

Besigheidsman kritiek na hy gesteek en beroof is

KIMBERLEY. – ’n Besigheidsman (46) van Galeshewe is in ’n kritieke toestand nadat hy in die kop met ’n mes gesteek is.

LEES OOK: Vrou onder motor gesleep toe bestuurder van kapers vlug

Besigheidsman in kritieke toestand

Mohammad Alamgir, wat ’n winkel in Galeshewe besit, is glo Dinsdag omstreeks 21:15 net buite sy winkel met ‘n skerp voorwerp gesteek en is van twee selfone beroof.

Hy is daarna na die hospitaal geneem waar sy steeds in ‘n kritieke toestand is.

Saak van poging tot moord is geopen

Kapt. Bashoabile Kale, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord.

Geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie.

LEES OOK: Kimberley Online Co. eerste uitgawe nou beskikbaar

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *