‘n Groep van sowat 40 mense het Maandagaand voor die MediClinic Bloemfontein bymekaargekom en gospelliedere in aanbidding gesing.
Die groep, wat as Bloem in Aksie bekend staan, beplan om voor elke hospitaal in Bloemfontein bymekaar te kom.
Danie Krugel, ‘n afgetrede kolonel, was een van die organiseerders van die klein byeenkoms voor die hospitaal. Hy sê aan Netwerk24 dat hy vir n ‘n geruime tydjie met die idee in sy gedagtes rondgeloop het, maar was aanvanklik huiwerig met die nuwe inperkingsregulasies.
Liedere wat die groepie gesing het, sluit in “Raise a Halleluja”, “Amazing Grace” en “Waymaker”.
Barbara Steenkamp, hospitaalwoordvoerder, sê die byeenkoms het vir die hospitaalpersoneel en pasiënte baie beteken te midde van die pandemie.



