September 16, 2021

Vrou onder motor gesleep toe bestuurder van kapers vlug

Sy is glo vir ’n ent saam onder die voertuig gesleep, totdat ander motoriste die bestuurder van die motor daarop attent gemaak het dat hy iemand saamsleep.

Vrou onder motor gesleep toe bestuurder van kapers vlug

Vrou onder motor gesleep toe bestuurder van kapers vlug

JOHANNESBURG. – ’n Vrou is onder ’n motor gesleep toe die bestuurder van kapers gevlug het. Die vrou, wat uit die passasierssitplek van die motor gespring het toe kapers hulle nader, het glo aan die veiligheidsgordel vasgehaak en onder die motor beland.

Die bestuurder het glo op daardie oomblik teen ’n spoed weggetrek om van die kapers af weg te kom.

LEES OOK: Suid-Afrika se jongste vroulike dokter

Onder motor gesleep

Kaptein Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die groep vriende was Saterdagaand saam by Luthuli Park toe hulle deur kapers genader is.

Skote is afgevuur en ‘n vrou wat met haar kind agter is die motor gesit het, kon dit regkry om veilig uit die motor te spring en weg te hardloop.

“Die slagoffer wat aan die passasierskant gesit het, het ook probeer uitspring toe die bestuurder met die motor weggetrek het. Sy het ongelukkig aan die veiligheidsgordel vasgehaak en het onder die motor beland.

Ander motoriste lig bestuurder in

Sy is glo vir ’n ent saam onder die voertuig gesleep, totdat ander motoriste die bestuurder van die motor daarop attent gemaak het dat hy iemand saamsleep.

Die slagoffer se liggaam is uitmekaargeruk en dele daarvan is op die toneel gevind.

’n Saak van strafbare manslag is geopen, want ons kan nie sê dat die bestuurder die bedoeling gehad het om die passasier dood te maak nie,” het Masondo gesê.

LEES OOK: Man beweer hy het ‘Bigfoot’ op video vasgelê

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *