August 5, 2021

Suid-Afrika se jongste vroulike dokter

Thibela het die jaar daarna haar matriek met sewe onderskeidings op die ouderdom van 15 geslaag.

Suid-Afrika se jongste vroulike dokter

Suid-Afrika se jongste vroulike dokter Foto: TRUELOVE

Dr. Thakgalo Thibela is tans die jongste aktiewe vroulike dokter in Suid-Afrika. Sy is maar net 21 jaar oud en het reeds haar Baccalaureus Medicinae en Baccalaureus Chirurgie (MBBCh) voltooi en praktiseer tans in die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg.

LEES OOK: Man beweer hy het ‘Bigfoot’ op video vasgelê

Jongste vroulike dokter

Priscilla Sekhonyana, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCSA) het aan TRUELOVE bevestig Thibela is die jongste aktiewe vroulike dokter tans op die IN-register.

Maak skool vroeër klaar

Afkomstig van Mpumalanga, het Thibela gr.7 verbygesteek en reguit hoërskool toe gegaan. Sy is daarna by Hoërskool Lehlasedi tot graad 10 bevorder vanweë haar uitstekende akademiese prestasie.

Die volgende jaar het egter nie so goed gelyk nie en Thibela se punte het agteruitgegaan. Sy het besluit om ’n plan te maak en het ekstra klasse geneem en saam met vriende geleer.

Thibela het die jaar daarna haar matriek met sewe onderskeidings op die ouderdom van 15 geslaag.

Kry ‘n beurs

Haar uitmuntende prestasies het haar ’n beurs besorg en sy het op die ouderdom van 16 by die Wits-universiteit begin studeer. Sy het na ses jaar van harde werk haar droomkwalifikasie bereik.

Sy het vanjaar by Helen Joseph-hospitaal in Aucklandpark aangesluit waar sy nou haar prakties doen.

LEES OOK: Halsey wys eersteling

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *