Oom speel trekklavier vir siek vrou buite hospitaalvenster

Oom speel trekklavier vir siek vrou deur hospitaalvenster (Foto: Mossel Bay Advertiser)

Oom speel trekklavier vir siek vrou deur hospitaalvenster (Foto: Mossel Bay Advertiser)

‘n Bejaarde oom het vroegoggend op 21 Julie buite die Life Bayview-hospitaal in Mosselbaai vir sy vrou, wat in die hospitaal vir Covid-19 behandel word, trekklavier gespeel.

Mossel Bay Advertiser berig die oom het besluit om vir sy vrou trekklavier te speel omdat sy so lief is vir musiek en sy op dié manier sal weet dat hy daar is.

Charlotte Barnard, administratiewe klerk by die hospitaal, het die video aan Mossel Bay Advertiser beskikbaar gestel.

“Meeste van die pasiënte het dit ook gehoor, selfs twee van my eie en dit het ‘n verskil gemaak. Ek hoop so die oom is môreoggend weer hier as ek by die werk stop, want ons het dit nodig. Ons is al op ons knieë en ons moed is laag,” het Barnard aan Mossel Bay Advertiser gesê.

Klik hier om na die video te kyk.

Kimberley-sneeu: Kyk lesers se video’s

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *