August 1, 2021

Man beweer hy het ‘Bigfoot’ op video vasgelê

Hy het vinnig gedink en ’n video begin neem.

Man beweer hy het "Bigfoot" op video vasgelê

Man beweer hy het "Bigfoot" op video vasgelê Foto: The Mirror

’n Man beweer hy het die mistieke Bigfoot op video vasgelê. Eddie V het die video van die beweerde Bigfoot, wat ’n baba-sasquatch oor ’n rivier dra, op die Rocky Mountain Sasquatch Organisation se Facebook-blad gedeel.

LEES OOK: Ma sweer raad neem sonbrand binne 30 minute weg

Bigfoot op video?

Die video het ’n debat oor die bestaan van die dier uitgelok.

Eddie het aan The Mirror verduidelik sy neef het in ’n rivier kajak gery toe hy iets in die water sien wat hy nie geken het nie. Hy het vinnig gedink en ’n video begin neem. Die video is aan die Cass-rivier in Michigan verfilm .

Dra klein figuur in arms

In die beeldmateriaal kan gesien word hoe ’n figuur ’n kleiner een in sy arms dra, alhoewel dit in die beeldmateriaal onduidelik is wat dit is wat gedra word.

Mense skepties

Sommige mense beweer dit is wel Bigfoot wat ’n baba-sasquatch dra. Ander sê Bigfoot dra ’n bok oor die rivier.

Baie mense is wel skepties en het gesê dit is ’n man in ’n kostuum.

Wat dink jy is dit?

Kyk hier na die video:

@rmsobigfoot

Michigan #Sasquatch Carrying Infant #Bigfoot In Cass River

♬ original sound – RMSObigfoot

LEES OOK: Windhoek se begrafnisruimte raak min

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *