Renosterhorings glo deur twee verdagtes vervoer

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Die Valke het in ‘n poging om die handel in wild in Mbombela (voorheen Nelspruit) te bekamp, twee verdagtes wat glo renosterhorings in hull besit gehad het, vasgetrek.

Twee verdagtes van onderskeidelik 48 en 53 jaar oud sal na verwagting vandag in die landdroshof in Mbombela verskyn nadat hulle gister in hegtenis geneem is. Die twee het na bewering 19 renosterhorings in twee bakkies vervoer. Hulle word aangekla vir die onwettige besit en verkoop van renosterhorings. Hul voertuie is geskut vir verdere ondersoek.

Daar is beslag gelê op die renosterhorings met ‘n geskatte waarde van R2,6 miljoen. ‘n Ondersoek duur voort om vas te stel of die verdagtes verbind kan word met misdade wat die Wet op Bedreigde Spesies oortree.

LEES OOK: Moenie Hammarsdale-pakhuis se besmette vleis eet nie

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.