MPUMALANGA. – Schalk Steyn (48) en Johannes Groenewald (53) het Donderdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn na 19 renosterhorings glo in hul besit gevind is.
Hulle is van die onwettige besit en verkoop van renosterhorings aangekla.
Die twee is glo in besit van renosterhorings ter waarde van R2,6 miljoen gevind. Beslag is deur die polisie gelê op die renosterhorings en die voertuie wat dit vervoer het.
Die verdagtes verskyn vandag in die hof vir ‘n formele borgaansoek.
Foto’s: Julian Jansen – Journalist, Facebook
Lees ook: Oom speel trekklavier vir siek vrou buite hospitaalvenster
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



