September 16, 2021

Saphra ondersoek sterftes na Covid-19-inentings

“Ons moet vasstel of die sterftes wel verband hou met die entstof en of dit verband hou met iets anders.”

Saphra ondersoek sterftes ná Covid-19-inentings (Foto: Unsplash)

Saphra ondersoek sterftes ná Covid-19-inentings (Foto: Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Saphra) sê die sterftes wat na Covid-19-inentings aangemeld is, is nie meer as wat normaalweg onder die publiek sou plaasvind nie.

Die owerheid het die parlement Woensdag op hoogte gebring van die stand van die land se enstofprogram.

Saphra sê daar word tans 28 sterftes ondersoek van persone wat dood is na hulle die entstof teen Covid-19 ontvang het. Van hierdie 28 is 24 sterftes wat voorgekom het na persone die Pfizer-entstof ontvang het en die ander vier sterftes het voorgekom in persone wat die Johnson & Johnson-entstof ontvang het.

Boitumelo Semete-Makokotlela, uitvoerende hoof van die owerheid, sê hulle ondersoek verskeie newe-effekte wat na die entstowwe aangemeld is.

“Ons moet vasstel of die sterftes wel verband hou met die entstof en of dit verband hou met iets anders.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *